# Die Amerikaanse Hooggeregshof het beslis dat president Donald Trump se regering die wetlike beskerming vir migrante wat van geweld en natuurrampe in Haïti en Sirië vlug, kan beëindig. Die beëindiging van die tydelike beskermde status sal soveel as 350-duisend Haïtiane en ses-duisend Siriërs in Amerika raak. Intussen het die hof in ‘n afsonderlke uitspraak ‘n omstrede beleid laat herleef wat daarop gemik is om die aantal asielsoekers wat by die grens tussen die VSA en Mexiko verwerk word, te beperk. Migrante sal nie geregtig wees om om asiel aansoek te doen totdat hulle in Amerika aankom nie.
Trump se regering behaal twee groot immigrasie-oorwinnings in die Hooggeregshof