# Die Amerikaanse president Donald Trump het tydens ‘n heftige argument op regstreekse televisie aan die Oekraïense staatshoof Volodymyr Zelensky gesê die rou minerale-ooreenkoms tussen die twee lande is af. Na weke se intense onderhandelings en verklarings tussen Washington en Kiëf, was verwagtinge hoog tydens die eerste ontmoeting tussen die twee leiers. Trump het gisteraand op sy Truth Social-platform gesê hy het vasgestel dat Zelensky nog nie reg is vir vrede as Amerika betrokke is nie, omdat hy voel Amerika se betrokkenheid gee hom ‘n groot voordeel in onderhandelings.
Trump sê ooreenkoms met Oekraïne is af na openbare botsing met Zelensky