# Israel se weermag sê Iran het vandag drie nuwe missielaanvalle op teikens in die land afgevuur. Drie mense is dood toe ʼn missiel ʼn woonstel in die suidelike Israelse stad Beersheba getref het. Intussen hou Amerika se president Donald Trump vol ʼn skietstilstand is bereik. Hy sê op Truth Social Israel en Iran het hom feitlik gelyktydig genader oor ʼn vredesooreenkoms. Hy sê albei lande sal groot liefde, vrede en voorspoed in hul toekoms ervaar.
Trump sê ’n skietstilstand is bereik terwyl Iran voortgaan met missielaanvalle op Israel