# President Donald Trump sê hy sal nie Iranse bates ontvries of enige sanksies ophef voordat ‘n vredesooreenkoms bereik is nie. Gister was dit 100 dae sedert die VSA en Israel ‘n gekoördineerde militêre veldtog teen Iran begin het. In ‘n uitgebreide onderhoud op NBC het Trump gesê hy beplan nie om die ongeveer 50-duisend troepe wat by die oorlog betrokke is, te onttrek totdat die konflik verby is nie. Hy het ook gesê Amerikaanse magte sal op Iran se hoogs verrykte uraan beslag lê en dit vernietig. Dit word glo uiters diep ondergronds gestoor.
Trump sê hy sal nie Iran se bates ontvries totdat ‘n vredesooreenkoms bereik is nie