# Die Amerikaanse president, Donald Trump, sê hy oorweeg dit nie om binnekort Tomahawks aan Oekraïne te verskaf nie. Dit volg op berigte dat Oekraïne die afgelope paar weke hard gewerk het om Washington te oortuig om die langafstandmissiele aan hom te lewer. Volgens CNN het die Pentagon die groenlig gegee vir Amerika om die wapens aan Kiëf te voorsien, maar Trump het gisteraand skynbaar die besluit omgekeer en aan die media gesê hy oorweeg dit nie in hierdie stadium nie.
Trump sê hy oorweeg nie om langafstandmissiele aan Oekraïne te verskaf nie