# ‘n Federale regter in Amerika het president Donald Trump se lastersaak teen die Wall Street Journal van die hand gewys. Trump het verlede jaar die publikasie, wat Rupert Murdoch besit, gedagvaar vir sowat 167-miljard-rand oor berigte dat hy glo ‘n verjaardagbrief aan die omstrede seksoortreder Jeffrey Epstein geskryf het. Trump ontken dit egter en beweer die publikasie het doelbewus ‘n vals berig geplaas. Regter Darri Gayles het gelas Trump het nie voldoende bewyse dat die Wall Street Journal opsetlik of kwaadwillig opgetree het nie.
Trump se hofsaak teen Wall Street Journal oor Epstein-berig misluk