Skip to content

Trump sê die skietstilstand met Iran sal verleng word, maar die blokkade bly

# President Donald Trump van Amerika sê op Pakistan se versoek verleng hy die skietstilstand met Iran tot Teheran ʼn voorstel indien om die konflik permanent te beëindig. Die twee weke lange skietstilstand sou vanaand verstryk. Trump sê in ʼn inskrywing op Truth Social die Iranse regering is erg versplinter, daarom het hulle gevra dat Amerika sy aanvalle staak tot hulle leiers ʼn verenigde voorstel ter tafel lê. Hy sê die blokkade van Iranse hawens sal voortgaan.