Skip to content

Trump sê Armenië en Azerbeidjan gaan geskiedkundige vredesooreenkoms onderteken

# President Donald Trump van Amerika sê hy ontmoet vandag die leiers van Armenië en Azerbeidjan by die Withuis, vir wat hy ʼn geskiedkundige vredesberaad noem. Die verwagting is dat hulle ʼn vredesooreenkoms sal onderteken om ʼn einde te bring aan jare lange konflik tussen die twee Suid-Kaukasiese nasies. Hulle het twee keer oorlog gemaak oor die Karabakh-streek wat Azerbeidjan in 2023 weer by Armeense magte afgeneem het. Trump sê Amerika sal ook bilaterale ooreenkomste met albei lande onderteken om ekonomiese geleenthede te ondersoek.