Skip to content

Trump sê Amerika skort finansiële hulp aan Colombië op

# Die Amerikaanse president Donald Trump het die spanning met Colombië verhoog en aangekondig dat alle betalings en subsidies aan die Suid-Amerikaanse land gestaak word. Die VSA het miljoene dollars in hulp aan Colombia verskaf, veral vir veiligheid en landbou. In ‘n plasing op Truth Social het Trump die Colombiaanse president Gustavo Petro as ‘n onwettige dwelmleier bestempel wat die produksie van dwelms ondersteun. Sy kommentaar volg nadat Petro die Amerikaanse regering van sluipmoord beskuldig het en antwoorde geëis het na die jongste Amerikaanse aanvalle in Karibiese waters.