Skip to content

Trump sê Amerika sal militêre oefeninge saam met Suid-Korea afskaal

# President Donald Trump sê Amerika sal sy militêre oefeninge saam met Suid-Korea aansienlik afskaal omdat hy ʼn “baie goeie verhouding” met Kim Jong-un van Noord-Korea het. Die gesamentlike oefeninge, die Ulchi Freedom Shield, begin vandag en sowat 18-duisend Suid-Koreaanse soldate is saam met Amerikaanse magte daarby betrokke. Trump het op Truth Social gesê hierdie militêre oefeninge is nie net duur nie, maar stuur ook ʼn totaal onvanpaste en vyandige boodskap aan ʼn land wat respekvol en nie bedreigend is nie.