# President Donald Trump oorweeg nie die ontplooiing van Amerikaanse troepe in Oekraïne om ‘n vredesooreenkoms af te dwing nie. Dit volg na gister se gesprek tussen Trump, die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky en Europese leiers in die Withuis. In ‘n onderhoud met Fox News het Trump gesê hy glo steeds Europese lande is die eerste verdedigingslinie wanneer dit kom by Russiese aggressie in Oekraïne. Hy het ook gewaarsku dat die Russiese president Vladimir Putin moeilike omstandighede moet hanteer as hy nie saamwerk aan die vredesproses nie.
Trump oorweeg nie die ontplooiing van Amerikaanse troepe in Oekraïne nie