Skip to content

Trump lig Netanyahu in oor ‘Amerika se bedrywighede in die Golf’

# President Donald Trump van Amerika en Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu het gisteraand in ʼn telefoongesprek ooreengekom om voort te gaan met samewerking op verskeie fronte. Dit volg nadat Amerika en Iran hierdie week aanvalle op mekaar uitgevoer het. Volgens Netanyahu se kantoor het Trump hom ingelig oor Amerika se huidige optrede in die Golf en die aanvalle op Iranse bates. Netanyahu het die Turkse president, Recep Tayyip Erdogan, se opmerkings teen die bestaan van die Israelse Staat opgehaal en die behoefte aan veiligheidsones langs Israel se grense beklemtoon.