Skip to content

Trump kry sy sin by NAVO-beraad terwyl leiers hul verbintenis herbevestig om mekaar te beskerm

# Die Amerikaanse president, Donald Trump, het by NAVO-leiers aangesluit en die verbintenis herbevestig om mekaar te beskerm, nadat bondgenote ooreengekom het om besteding op verdediging te verhoog. Trump het ‘n belangrike buitelandse beleidsoorwinning behaal toe hy die 32 NAVO-lande oortuig het om in te stem tot sy teiken van vyf-persent van BBP vir verdedigingsbesteding. Trump het sy bondgenote in Europa, wat bekommerd is oor die bedreiging wat Rusland inhou, ook gerusgestel met die ondertekening van die finale leiersverklaring wat hul rotsvaste verbintenis tot NAVO se belofte bevestig, dat ‘n aanval op een, ‘n aanval op almal is.