Skip to content

Trump keer buitelandse hulp van R89-miljard

# Die Amerikaanse president, Donald Trump, het stappe gedoen om 89-miljard-rand se buitelandse hulp te verhoed wat deur die Kongres goedgekeur is. Dit dui op ‘n moontlike federale stilstand na 30 September omdat Demokrate daarteen gekant is. Trump skryf aan die Huis van Verteenwoordigers die besnoeiings raak programme van die Departement van Buitelandse Sake en die Amerikaanse Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling. Demokrate waarsku enige poging om befondsing om te keer wat die Kongres reeds goedgekeur het, sal enige onderhandelings beëindig om ‘n begrotings-verlamming te vermy.