# Die Amerikaanse president Donald Trump sê hy het ingestem om aanvalle teen Iran vir eers uit te stel, mits ‘n ooreenkoms vinnig bereik word om die konflik te beëindig. Dit volg op berigte dat Amerika en Israel nuwe aanvalle op Teheran beplan. In ‘n plasing op Truth Social sê hy Iran en ander lande in die Midde-Ooste het hom gevra om aanvalle op Iran uit te stel. Trump sê enige ooreenkoms moet die volledige en totale heropening van die Straat van Hormoes en ‘n einde aan Iran se kernbedreiging insluit.
Trump het aanvalle teen Iran afgelas, afhangende van ‘n vinnige ooreenkoms