# President Donald Trump van Amerika het dié land se vloot opdrag gegee om op enige boot wat seemyne in die Straat van Hormoes stel, te skiet. Amerikaanse magte het vroeër vandeesmaand aangekondig hulle gaan vaartuie onderskep wat na of van Iranse hawens vaar. Sedert die blokkade begin het, het Amerika se Sentrale Bevel 31 vaartuie beveel om terug te draai of na ʼn hawe te vaar. Vrese bestaan dat Iran myne in die belangrike waterweg gestel het, maar dis nie bevestig nie. Trump sê Amerikaanse mynveërs is besig om die seestraat skoon te maak.
Trump gee Amerikaanse vloot opdrag om op enige boot wat seemyne in die Straat van Hormoes stel, te skiet