# President Donald Trump sê die vinnigste manier om die humanitêre krisis in Gaza te beëindig, is dat Hamas oorgee en die gyselaars vrylaat. Dit volg te midde van toenemende internasionale kommer oor berigte van ‘n massahongersnood en verslegtende omstandighede in die gebied. Drie-en-sestig wanvoeding-verwante sterftes is in Julie in Gaza aangemeld. Intussen het die Withuis se spesiale gesant Steve Witkoff gister met die Israelse premier Benjamin Netanyahu vergader, nadat die VSA aan die skietstilstandsgesprek in Gaza onttrek en Hamas beskuldig het van onderhandelinge in slegte trou.
Trump doen ‘n beroep op Hamas om oor te gee en die oorblywende gyselaars vry te laat