# Die Amerikaanse president, Donald Trump, het weer sy lastersaak van 260-miljard-rand teen New York Times ingedien. Trump het sy langdurige vyandigheid teenoor die media verskerp sedert sy terugkeer na die Withuis en die saak is een van talle aanvalle op nuusorganisasies wat hy van vooroordeel beskuldig. Die klagte is in September uitgegooi toe distriksregter Steven Merryday beswaar gemaak het teen die oordadige skryfwerk, lofbetuigings van Trump en die oormatige lengte van 85 bladsye. Die nuwe saak wat in Florida aanhangig gemaak is, is slegs 40 bladsye lank.
Trump dien weer sy lastersaak van R260-miljard teen New York Times in