Skip to content

Trump blameer ‘radikale linkses’ na die sluipmoord op Charlie Kirk

# Die president van Amerika blameer die “radikale linkses” nadat sy bondegenoot Charlie Kirk doodgeskiet is in wat Trump as ‘n “gruwelike sluipmoord” beskryf. Trump sê in ‘n aanlyn video uit die Ovaalkantoor Kirk was ‘n patriot wat sy lewe aan die beginsel van oop debat gewy het. Hy sê die radikale linkses vergelyk reeds jare lank Amerikaners soos Kirk met Nazi’s en die wêreld ergste massamoordenaars. Die polisie het nog nie ‘n verdagte aangekeer nie en die motief vir die moord is onbekend.