Skip to content

Trump beskryf die eerste Amerikaanse pous se verkiesing as ‘n groot eer vir land

# President Donald Trump sê die verkiesing van Robert Prevost as die nuwe pous, die eerste Amerikaner wat tot leier van die Katolieke Kerk verkies is, is ‘n groot eer vir die land. Pous Leo die 14de is gister deur 133 kardinale as die 267ste pous verkies op die tweede dag van hul kardinaalsvergadering agter geslote deure in die Sistynse Kapel. Trump sê hy sien uit daarna om die nuwe pous te ontmoet. Pous Leo die 14de sal na verwagting voortbou op wyle Pous Franciskus se hervormings.