Skip to content

Trump-administrasie stuur ondersoek van stapel na Brasilië se ‘onbillike’ handelspraktyke

# Die Amerikaanse handelsverteenwoordiger, Jamieson Greer, het ‘n ondersoek van stapel gestuur na wat hy beskryf as Brasilië se onbillike handelspraktyke. Dit volg ‘n week na president Donald Trump gedreig het met ‘n tarief van 50-persent op invoere van Latyns-Amerika se grootste ekonomie. Die ondersoek sal fokus op digitale handel en elektroniese betalingsdienste, voorkeurtariewe en teen-korrupsie-inmenging, sowel as die beskerming van intellektuele eiendom. Greer beskuldig Brasilië dat hy Amerikaanse uitvoere benadeel deur laer tariewe aan ander handelsvennote te bied.