# Die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid en Welstand doen ‘n beroep op ouers en versorgers om vinnig op te tree as hulle waarskuwingstekens van kinderkanker opmerk. Tekens om voor op te let sluit in knoppe, onverklaarbare koors, aanhoudende pyn, of veranderinge in visie en gedrag. ‘n Pediatriese onkoloog by die Tygerberg-hospitaal, Leilah Schoonraad, sê vroeë mediese sorg verbeter uitkomste en gee kinders ‘n beter kans op herstel: