# Transnet het ‘n formele versoek om voorstelle aan twee gekeurde bieërs uitgereik vir die stigting van LeaseCo, ‘n openbare privaat spoorverhuringsonderneming. Die entiteit sal lokomotiewe en waens aanskaf en bestuur, en aan plaaslike en streekspooroperateurs verhuur. Transnet sê die privaat vennoot sal kapitaal, tegniese kundigheid en operasionele ondersteuning verskaf. Ongeveer 500 lokomotiewe en 17-duisend waens sal na verwagting deel vorm van die onderneming. Groep- uitvoerende hoof, Michelle Phillips, sê die projek sal help om spoorvragvervoer te moderniseer en privaat beleggings te lok.
Transnet gaan voort met spoorverhuringsooreenkoms