# Die Nasionale Huis van Tradisionele en Khoi-San-leiers het met droefheid verneem van die dood van ‘n tradisionele leier in Noordwes, Kgosi Moshe Ezekiel Mabe. Hy is Dinsdag ná ‘n lang siekbed dood. Mabe het aan die hoof gestaan van die Batlhako-ba Matutu-tradisionele raad in Mabeskraal. Die voorsitter van die Huis, Kgosi Thabo Seatlholo, beskryf Mabe as ‘n wyse leier met ‘n sterk sin vir integriteit. Hy sê Mabe het ‘n groot bydrae gelewer tot tradisionele leierskap, die bewaring van kultuur en die ontwikkeling van landelike gemeenskappe.
Tradisionele leiers bedroef na dood van Kgosi Moshe Mabe