# Die vader van die ontslape kletsrymer Kiernan “AKA” Forbes, het News24 se vrystelling van ‘n lokprent gekritiseer wat die laaste oomblikke van Anele Tembe voor haar dood in 2021 wys. Tembe, AKA se verloofde, is dood nadat sy van die tiende verdieping van die Pepperclub Hotel in Kaapstad geval het. Haar dood is as selfmoord beskou, ‘n gevolgtrekking wat deur haar familie betwis word. Tony Forbes het die vrystelling van die beeldmateriaal betwis. Hy sê is moeg vir valse uitsprake rondom die tragedie en vra dat sy seun se nagedagtenis gerespekteer word.
Tony Forbes kritiseer vrystelling van beeldmateriaal van wyle Anele Tembe