# ‘n Toksikoloog het aan die geregtelike doodsondersoek na Anele Tembe se dood wat in die Kaapstadse landdroshof plaasvind, gesê toetse op die inhoud van haar maag, bloed en oë tydens ‘n toksikologiese ontleding het spore van kokaïen, alkohol, anti-depressante, en gemoedstabiliseerders aan die lig gebring. Die 22-jarige is in April 2021 oorlede nadat sy van die tiende verdieping van die Pepperclub-hotel in Kaapstad geval het. Tembe was verloof aan die kletsrymer Kiernan “AKA” Forbes. Die geregtelike doodsondersoek probeer vasstel onder watter omstandighede sy gesterf het, insluitend of nalatigheid of onregmatige optrede ’n rol gespeel het.
Toksikologieverslae toon spore van verskeie stowwe in Anele Tembe se liggaam