# Tshwane se burgemeester, Nasiphi Moya, sê die proses gaan voort om die waterstelsel in Hammanskraal skoon te maak en te toets. Sy sê hulle maak vordering by die Temba-watersuiweringsaanleg en ʼn permanente lyn word aangelê wat water aan die derde reservoir by die aanleg sal lewer. Moyo sê tydens die proses neem hulle die waterkrisis in ag, en spanne werk daaraan om watervoorsiening binne die volgende paar weke na meer gebiede te herstel.
Toetsing en deurspoel van Hammanskraal se waterstelsel gaan voort