Skip to content

Tien Ekurhuleni SAPD en Metro beamptes verskyn vandag in hof op korrupsie-aanklagte [KLANK]

# Tien polisiebeamptes van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die Ekurhuleni Metropolisie verskyn vandag in die Germiston Landdroshof op aanklagte van korrupsie en diefstal. Die beamptes is gister in aanhouding geneem terwyl hulle aan diens was nadat hulle in Junie ‘n klopjag op ‘n winkel in Edenvale uitgevoer het. Die woordvoerder van die Onafhanklike Polisie Ondersoekdirektoraat, Lizzy Suping, sê die beamptes word daarvan beskuldig dat hulle 35-duisend-rand in kontant gesteel het, sigarette ter waarde van 150-duisend-rand en hoofpynpille van ongeveer vyf-duisend-rand gekonfiskeer het:

 

ENG SupingOnTenOfficers