# Die Britse polisie wag op ‘n oorlogsmisdaadverslag teen tien Britte wat in die Israelse weermag in Gaza diens gedoen het. Die verslag van 240-bladsye beweer die mans was betrokke by moorde op burgerlikes en hulpwerkers. Een van die vooraanstaande menseregte-prokureurs in Brittanje, Michael Mansfield, het aan The Guardian gesê die Britse burgers mag volgens wet nie misdade in Palestina pleeg nie. Hy sê die misdade kom neer op oorlogsmisdade of misdade teen die mensdom.
Tien Britte aangekla van oorlogsmisdade in Gaza