Skip to content

Thusong-uitreikprogram lewer meer as 4 400 regeringsdienste aan Wes-Kaapse gemeenskappe

# Die regering van die Wes-Kaap sê sy Thusong-uitreikprogram het meer as vier-duisend-400 regeringsdienste aan twee-duisend-349 inwoners gelewer tydens uitreikgeleenthede in Junie en Julie in George, Murraysburg en Stellenbosch. Die LUR vir Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, sê die program bring dienste soos identiteitskaartaansoeke, maatskaplike toelaes, gesondheidsorg en werksondersteuning nader aan gemeenskappe, veral in plattelandse gebiede. Bredell sê die inisiatief help inwoners om tyd en reiskoste te bespaar terwyl dit toegang tot noodsaaklike regeringsdienste verbeter.