# ʼn Regter het die vervreemde pa van Meghan, hertogin van Sussex, geestelik bevoeg bevind om verhoor te word. Die 82-jarige Thomas Markle is vroeër die maand in Kalifornië aangekeer en aangekla van die besit van materiaal oor seksuele misbruik van kinders. Agente het beslag gelê op 78 items in twee pakruimtes in Los Angeles. Dit sluit in film-negatiewe, skyfies en boeke oor die onderwerp. Markle, wat in Tampa in die hof verskyn het, ontken die besit van foto’s van kinders wat seksueel misbruik word. Sy volgende hofverskyning is vroeg volgende maand.
Thomas Markle bevoeg bevind om tereg te staan op aanklagte van seksuele misbruik van kinders