Skip to content

Thailand verkies regstreekse gesprekke om Kambodja-konflik te beëindig, eerder as bemiddeling

# Senior regeringsamptenare sê Thailand verkies bilaterale onderhandelings eerder as derdeparty-bemiddeling om sy militêre konflik met Kambodja op te los. Reuters berig gevegte langs hul betwiste grens het gister onverpoosd voortgeduur. Onderliggende spanning tussen die twee lande het op verskeie plekke langs die grens in openlike konflik opgevlam met die hewigste gevegte tussen die Suidoos-Asiatiese bure in meer as ‘n dekade. Daar was gister vir ‘n tweede agtereenvolgende dag wedersydse aanvalle.