# Thailand se regering het die uitreiking van nuwe lisensies om vuurwapens te besit, te koop of te dra gestaak na verlede se dodelike skietvoorval by ʼn skool. ʼn Veertienjarige seun het sy grootouers met sy oupa se vuurwapen doodgeskiet voor hy by die Debsirin Nonthaburi-skool buite Bangkok op mense losgebrand het. Vyf personeellede en ʼn 12-jarige meisie is dood waarna hy homself doodgeskiet het. Eerste minister Anutin Charnvirakul sê die regering gaan nuwe wapenwette instel, met strenger beheermaatreëls en aansienlike strenger strawwe. Ongeveer 10,3-miljoen vuurwapens in Thailand is in burgerlike besit.
Thailand skort uitreiking van nuwe wapenlisensies op na verlede week se massa-skietvoorval