# Hewige grofgeskutvuur het vir ‘n tweede dag tussen Thailand en Kambodja voorgekom in die hewigste gevegte tussen dié twee lande in meer as ‘n dekade. Dit het ook versprei, ten spyte van internasionale oproepe vir ‘n wapenstilstand. Minstens 16 mense is dood en tienduisende is ontwortel in die gevegte. Die twee lande beskuldig mekaar oor-en-weer vir die konflik. Thailand beskuldig Kambodja daarvan dat hy doelbewus burgerlikes teiken, terwyl Kambodja beweer dat Thailand trosbomme gebruik, wat omstrede is en wyd veroordeel word.
Thailand, Kambodja in tweede dag van oor-en-weer grofgeskutvuur