# Die leiers van Thailand en Kambodja het op ‘n onvoorwaardelike wapenstilstand ooreengekom na vyf dae van grensgevegte waarin minstens 36 mense dood is. Bykans 300-duisend mense het gevlug sedert die twee lande met grofgeskut, vuurpyle, en gewere op mekaar losgebrand het. Die bestrede gebied is die tuiste van enkele antieke tempels is. Hierdie gevegte is die ergste in die gebied sedert geweld sporadies van 2008 tot 2011 in die gebied opgevlam het. Beide lande maak aanspraak op die gebied wat baie vaag deur die Franse koloniale administrasie in 1907 afgebaken is.
Thailand en Kambodja stem in tot onvoorwaardelike wapenstilstand