# Thailand en Kambodja het begin met die onttrekking van swaar wapentuig en ontmynings-operasies langs hul betwiste grens as deel van stappe om spanning te verlig. Dit volg nadat die lande se leiers verlede week ‘n verbeterde wapenstilstands-ooreenkoms in Kuala Lumpur onderteken het in die teenwoordigheid van die Amerikaanse president, Donald Trump. Die woordvoerder van die Thaise Ministerie van Verdediging, Surasant Kongsiri, het op ‘n mediakonferensie gesê sy land stel die verwydering van landmyne in 13 gebiede voor, en Kambodja in een gebied.
Thailand en Kambodja begin onttrekking van swaar wapentuig op betwiste grens