# Tesla se voorsitter, Robyn Denholm, het ‘n berig in die Wall Street Journal verwerp dat die maatskappy se raad na ‘n nuwe uitvoerende hoof soek om Elon Musk te vervang. Denholm sê in ‘n plasing op Tesla se amptelike X-rekening die bewering is onwaar en die raad het baie vertroue in Musk se vermoëns. Tesla se aandeelprys het vanjaar met tot 45-persent gedaal. Hoewel Musk in die openbaar voorspraak gedoen het vir laer tariewe, blyk dit dat hy min vordering met Trump gemaak het en dat Tesla se verkope in China in gedrang is.
Tesla verwerp berig oor raad se plan om Elon Musk te vervang