# Betogings duur voort teen die tegnologie-miljardêr Elon Musk te midde van ‘n vete met Donald Trump oor die president se reuse-belasting- en binnelandse beleidswetsontwerp. Trump dreig om regeringskontrakte met Musk te beëindig en Musk beweer Trump sou die verkiesing sonder hom verloor het. Ten minste 60 betogings het Saterdag regoor Amerika plaasgevind as deel van die Tesla Takedown-beweging, wat middel Februarie begin het toe Musk betrokkke was by die Departement van Regeringsdoeltreffendheid. Tesla-verkope het in die eerste drie maande van die jaar met 13-persent gedaal en is byna 47-persent laer sedert Desember.
Tesla-betogings duur voort ten spyte van Musk se vertrek uit die Departement van Regeringsdoeltreffendheid