# Tennis: Die topgekeurde Alexander Zverev van Duitsland is deur na die vierde ronde van die Cincinnati-ope na ‘n oorwinning oor die Fransman Terence Atmane. Die 19-jarige Spanjaard Rafael Jodar het Alejandro Tabilo van Chili geklop en is nou saam met Carlos Alcaraz en Ben Shelton die enigste tieners om hierdie dekade dié ronde in Cincinnati te haal. In die vroue-afdeling het die verdedigende kampioen, Iga Swiatek van Pole, die Griek Maria Sakkari in drie stelle verslaan. Die tweede-gekeurde Elena Rybakina van Kazakhstan het die Pool Magdalena Frech uitgeskakel.
Tennis: Zverev en Swiatek deur na ronde van 16 op Cincinnati-ope