Skip to content

Tennis: Zverev, Alcaraz lei groepe in ATP-eindtoernooi in Turyn

# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Alexander Zverev van Duitsland, kom teen die Amerikaner Ben Shelton, die Fransman Arthur Fils en die Spanjaard Rafael Jodar te staan in die rondomtalie-afdeling van die ATP-jaareindtoernooi in Turyn, Italië. Hulle is in die John McEnroe-groep. Die sewemalige Grand Slam-kampioen, Carlos Alcaraz van Spanje, lei die Ivan Lendl-groep, en speel teen die Rus Daniil Medvedev, die Amerikaner Frances Tiafoe en die plaaslike speler Flavio Cobolli. Die toernooi begin Sondag.