# Tennis: Die WTA-jaareindtoernooi sal nou in Indian Wells, Kalifornië, plaasvind en nie in Riaad, Saoedi-Arabië, nie. Dit volg nadat die vroue-beheerliggaam versoek het dat die gesogte kampioenskap verskuif word voor die ooreenkoms van drie jaar met Saoedi-Arabië verstryk. Die WTA se voorsitter, Valerie Camillo, sê Indian Wells bied alles wat nodig is om die beste van vrouetennis ten toon te stel. Die top-agt vroue-enkelspelspelers en dubbelspel-spanne neem van agt tot 15 November aan die toernooi deel.
Tennis: WTA-jaareindtoernooi verskuif van Riaad na Indian Wells