# Tennis: Vooraanstaande tennisspelers het die 20-persent-verhoging in die Wimbledon-prysgeld verwelkom as ‘n opregte en beduidende stap vorentoe. Die totale prysgeld by vanjaar se kampioenskappe sal 64,2-miljoen-Britsepond wees, of gelykstaande aan ongeveer 1,4-miljard-rand. Die enkelspelkampioene sal elk 3,6-miljoen-pond huis toe neem, met eerste-ronde verloorders wat 80-duisend-pond betaal sal word. Meer as ses-miljoen-pond is opsy gesit vir die kwalifiserende kompetisie. Dis ‘n styging van 25-persent. Spelers sê vir ‘n geruime tyd dat hulle ‘n beduidende rol in die sukses van toernooie speel.
Tennis: Wimbledon-prysgeld styg met 20%