Skip to content

Tennis: Wêreld se bestes vra regverdiger verdeling van inkomste

 # Tennis: Die wêreld-nommer-elf, Emma Navarro van Amerika, sê sy het ‘n gesamentlike brief onderteken waarin gevra word vir ‘n groot verhoging in Grand Slam-toernooie se prysgeld om te verseker dat spelers gelyke behandeling ontvang. Die wêreld se beste 20 mans- en vrouspelers eis ‘n billiker verdeling van inkomste van die organiseerders van die Australiese, Franse en Amerikaanse Ope, en Wimbledon. Hulle sê laervlak spelers sukkel dikwels weens ‘n gebrek aan gereelde borge en groot uitgawes. Navarro glo dit is goed dat hulle seker maak almal word regverdig behandel.