Skip to content

Tennis: Wêreld-nommer-een Jannik Sinner gaan res van die seisoen weens besering misloop

# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, gaan die res van die seisoen weens ‘n kniebesering misloop. Hy het in Julie laas gespeel op Wimbledon, toe hy sy vierde Grand Slam-titel gewen het. Die president van Italiaanse Tennis, Angelo Binaghi, sê die federasie sal die 25-jarige ondersteun, aangesien sy fisieke welstand voorrang geniet bo enige uitslag of mededingende verpligting. Sinner se besluit beteken dat Alexander Zverev van Duitsland – wat vanjaar sy eerste twee Grand Slam-titels verower het – voor die einde van die seisoen eerste op die wêreldranglys kan wees.