Skip to content

Tennis: Wen-buiging vir Swiatek op Wuham Ope ondanks hitte-uitdagings

# Tennis: Die wêreld-nommer-twee, Iga Swiatek, het haar buiging op die Wuhan Ope met ‘n oorwinning gevier, op ‘n snikhete dag waartydens Emma Raducanu en Jelena Ostapenko albei aan hul wedstryde onttrek het. Swiatek, wat ‘n loslootjie gehad het in die eerste ronde, het Marie Bouzkova van die Tsjeggiese Republiek maklik 6-1, 6-1 geklop. Sy het die organiseerders daarna gevra om spelers se veiligheid in gedagte te hou in wedstryde op die buitenste bane waar daar nie dakke is wat toegemaak kan word om die temperatuur te beheer nie.