# Tennis: Die Switserse veteraan Stan Wawrinka het sy beroepsloopbaan na 24-jaar beëindig. Die 41-jarige het sy laaste wedstryd gespeel in die Basel-ope in sy vaderland, waar hy teen die Tsjeg Jiří Lehečka verloor het. Wawrinka het in 2002 ‘n beroepspeler geword en drie Grand Slam-toernooie gewen – die Australiese Ope in 2014, die Franse Ope die volgende jaar en die Amerikaanse Ope in 2016. Hy het sy beste wêreldranglysposisie van derde plek in Januarie 2014 bereik. Wawrinka gaan nog in Desember aan ‘n vertoontoernooi in Genéve deelneem.
Tennis: Wawrinka beëindig sy beroepsloopbaan in Basel