Skip to content

Tennis: Voormalige wêreld-nommer-een Safin sluit aan by landgenoot Rublev se afrigtingspan

# Tennis: Die wêreld-nommer-nege, Andrey Rublev van Rusland, hoop op ‘n lang afrigtingsvennootskap met sy landgenoot, Marat Safin, wat hy as sy held beskryf. Die 45-jarige voormalige wêreld-nommer-een het twee Grand Slamtitels ingepalm – die Amerikaanse Ope in 2000 en die Australiese Ope vyf jaar later. Hy was in 2016 die eerste Russiese speler om in die sport se Internasionale Heldesaal ingehuldig te word. Albei spelers is geneig tot uitbarstings op die baan, en Rublev sê hy hoop Safin se ervaring met die hantering van sy probleme sal hom help.