Skip to content

Tennis: Vierde-gekeurde Taylor Fritz uitgeskakel in eerste ronde van Franse Ope

# Tennis: Die vierde-gekeurde Amerikaner Taylor Fritz is verrassend uitgeskakel in die eerste ronde van die Franse Ope. Hy het in vier stelle verloor teen die Duitser Daniel Altmaier. Die naaswenner van 2024 se Amerikaanse Ope het verlede jaar die vierde ronde op Roland Garros gehaal. Dis die eerste keer sedert 2022 se Amerikaanse Ope dat Fritz in die eerste ronde van ‘n Grand Slam-toernooi verloor. Altmaier is 66ste op die wêreldranglys en het in 2020 die laaste 16 gehaal. Hy speel volgende teen die ongekeurde Tsjeg Vit Kopriva.