# Tennis: Die gewese wêreld-nommer-een, die 45-jarige Venus Williams, het ná 16-maande na mededingende tennis teruggekeer met ‘n dubbelspel-oorwinning. Sy en haar Amerikaanse landgenoot, Hailey Baptiste, het Eugenie Bouchard van Kanada en Clervie Ngounoue, ook van Amerika, in skoon stelle geklop in die ronde van 16 op die Washingtonse Ope. Williams gaan ook na die enkelspel-formaat terugkeer nadat sy as promotorskeuse tot die toernooi toegelaat is. Sy speel in die ronde van 32 teen nóg ‘n landgenoot, Peyton Stearns.
Tennis: Venus Williams wen in haar eerste wedstryd in 16-maande