# Tennis: Die voormalige wêreld-nommer-een, Venus Williams, hoop steeds om ʼn promotorskeuse vir die Franse Ope te wees, al is sy in die eerste ronde van die Madridse Ope in Spanje uitgeskakel. Die 45-jarige Williams het die afgelope tyd gesukkel om verder as ʼn eerste ronde te kom. Sy oorweeg egter nog nie uittrede nie. Die mans-loting begin vandag. Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner van Italië, is die volslae gunsteling om sy vyfde agtereenvolgende Meesters-eenduisend-toernooi te wen in die afwesigheid van die plaaslike held en wêreld-nommer-twee, Carlos Alcaraz.
Tennis: Venus oorweeg nie uittrede nie ondanks nog ‘n eersteronde-nederlaag